Swartland and West Coast Herald, the largest independent weekly in the Swartland and West Coast region.

Meer as 20 000
lesers elke week ...

Porterville Sakekamer kies nuwe bestuur
PORTERVILLE – Adv. Willem Heath, die voorsitter van die voormalige Heath-kommissie wat ondersoek ingestel het na korrupsie in die staatsdiens, was Donderdagaand die gasspreker by ‘n geselligheid van Porterville se sake-kamer. Hy het onder meer gepraat oor korrupsie in die algemeen en ‘n paar voorbeelde genoem van waar korrupsie gepleeg is, hoe dit daagliks gepleek word en wat gedoen kan word om dit te bekamp, berig Ilna Grobler. Hoewel mense maklik met die woord omgaan, is daar moontlik ondui-delikheid oor die betekenis daarvan en het Heath dit as volg verduidelik: “Korrupsie is wanneer een persoon ‘n ander vra om teen vergoeding iets te doen wat hy nie mag doen nie.” Mense in magsposisies gebruik ook dikwels kennis wat hulle op vertroulike wyse bekom het om hulself te verryk. Hy sê daar bestaan ‘n wanopvatting dat daar voor 1994 geen korrupsie in die land gepleeg is nie. As voorbeeld hiervan sê hy het ‘n baie prominente minister in die vorige regering wat, toe hy bewus geraak het van die ontwikkeling van Richardsbaai aan die kus van KwaZulu-Natal, verskeie plase in die omgewing opgekoop het en skatryk geword het uit die verkoop daarvan aan ontwikkelaars. Korrupsie word egter nie net op rege-ringsvlak gepleeg nie, dit kom onder alle vlakke van die samelewing voor. Selfs die fotokopieë wat ma’s weder-regtelik vir hul kinders op die werk se fotokopieerders maak, is korrupsie. Heath het verwys na die miljarde rande wat Suid-Afrika verloor vanweë kor-rupsie. Volgens hom was die minister van finansies in die huidige regering, mnr. Trevor Manuel, baie ontstig omdat hy gesê het die land verloor meer aan korrupsie as wat die jaarlikse begroting is. As verdere voorbeeld van korrupsie het Heath verwys na omkopery wat eers subtiel plaasvind en dan al hoe meer blatant raak. Hy sê ‘n boer uit die Boland wat ‘n sekere permit nodig gehad het, het na ‘n sekere staatsamptenaar gegaan en hulle het daaroor gepraat. Die boer wou toe aan die amptenaar ‘n bottel wyn gee, maar die amptenaar het gesê hy kan dit nie op kantoor aanvaar nie, dit moet by sy huis afgelewer word. Met die volgende besoek van die boer het hy, toe hy oor dieselfde permit by die amptenaar se kantoor instap, gesê dat hy vir hom ‘n kas wyn by sy huis afgelewer het. Die amptenaar was ge-kompromiteer en kon nie die “versoek” om die permit weier nie. Hy het ook gesê dat die meeste korrupsie deur gierigheid aangebring word – ryk mense wil nog ryker word. Hy sê daar is verdere voorbeelde van boere en koöperasies waar boere belowe dat as hul skuld afgeskryf word, hulle 50% van hul oesopbrengs sal oorbetaal. Hierdie korrupsie kom ook voor by die polisie waar dossiere byvoorbeeld “wegraak”. Hy sê krininele sindikate soos die mafia doen graag sake in Suid-Afrika waar die meerderheid van aanklaers vroue is met ‘n gemiddeld van 3 maande regservaring. Om hierdie rede bring die mafia en die skurke hul eie regsver-teenwoordigers om die onervarendheid van die aanklaers en die skuiwergate in die wette uit te buit. Hy sê daar was in 2003 minder skuldigbevindings in die howe as wat daar in 1949 was, terwyl net 1% van sake wat deur die Skerpioene ondersoek is, op skuldigbevindings uitgeloop het. Korrupsie word ook gestimuleer, sê Heath, omdat mense lui en onaktief is en glo hulle kan niks daaraan doen nie. Elkeen behoort entoesiaties te wees en te vra: “Wat kan ék doen?” Hy het die voorbeeld van die inwoners van Sandton gebruik waar ‘n geweldige misdaad-probleem was weens min polisiemanne wat in swak omstandighede en met min voertuie en min opleiding hul werk moes doen. Die gemeenskap het egter saam-gestaan iets begin doen. Hulle het ‘n nuwe polisiestasie gebou en nuwe meubels en voertuie verskap. Vrywilligers het ook begin om die polisie met administrasie te help. Kort voor lank het misdaad met 95% afgeneem. Heath het gesê hy het agtergekom dat daar ‘n onrustigheid heers by som-mige van die mense wat die geselligheid bygewoon het oor die oorwinning van die ANC tydens Woensdag se tussen-verkiesing in Porterville se Wyk 5. Aan diegene wat onrustig was, het hy gevra het daardie party beter mense gehad? Het hulle harder gewerk? Het hulle kiesers geïntimideer? Indien inwoners ‘n ander uitslag wou gehad het, moes hulle self iets aan die saak gedoen het. Oor die veelbesproke wapenskan-daal het Heath ook ‘n paar dinge gesê. Onder meer dat daar dubbel die mark-waarde vir sowel die vliegtuie as die duikbote betaal is. Hy sê hieroor hang ‘n vraagteken. Hy vra wat het gebeur met die ondersoek van die tenderraad. Die gebroeders Shaik was al drie op ver-skillende maniere betrokke by die onderhandelinge en die adjunk-pre-sident se teenwoordigheid by sommige tersake vergaderings kon nog nie heeltemal verduidelik word nie. Hy sê solank mense vrae vra sal daar nie beleggings na die land kom nie. Hy sê daar moes tydens die wapentransaksie massiewe korrupsie gewees het.