- MAY 2001 / VOLUME 5 -
INDEX

Stop van myne

Pa het
Altzheimer

Ongopolo

Welly du Toit

Voice in the
desert

My liewe
medegelowiges

Solly Ozrovech

Troos is twyfel

Terblanche
Jordaan

Lig ...

'n Gebed vir
jou ...



CONTACT

My liefste Hemelse Vader,

Ek is jammer dat ek U so lank met my waarom-vrae gepeper het dat ek opsluit al die redes vir hierdie stuk swaarkry in my lewe by U wou weet dat ek maar nie kon verstaan waarom U nie my gebede verhoor nie waarom U my so swaar laat kry nie.

Baie dankie vir die vrede wat u sodat-antwoord vandag vir my bring, Dankie dat ek nou seker weet hierdie probleem wat vir my so onoorkomlik lyk hierdie krisis wat ekself nie kan oplos nie hierdie gebede wat U maar nie wil beantwoord nie juis in my lewe toegelaat word sodat U Naam verheerlik mag word in my lewe sodat mense aan my optrede en my getuienis sal kan sien dat dit my net nader aan U bring sodat U liefde hierdeur 'n groter werklikheid in my lewe word.

Here help my om so te leef dat ander mense u sodat- antwoorde duidelik in my lewe geopenbaar sal sien. Dankie dat ek weet al neem U die krisis nie dadelik van my weg nie U daagliks vir my die genade en krag gee om dit met u hulp te kan hanteer sodat dit uiteindelik tot my beswil sal wees.

BACK TO TOP


Pa het Altzheimer
-deur Hans du Plessis

Here, dis swaar om begrafnis te hou as niemand dood is nie. Swaarder as om 'n dooie te begrawe. Hoe groet jy een wat nie wegis nie? Iemand wat maar net vergeet het dat hy lewe... Soos Pa.

Dit is asof jy jou eie onthou saam met groot vergeet in die Oord gaan sit het. Eintlik bekruip Altzheimer skelmder as wat jy dink.

Jy weet lankal dat jy vergeet, maar dis maar die ouderdom. Totdat hy in jou huis, wat hy self gebou het, verdwaal. Heeltemal. Nie die pad kry terug van die winkel af nie. Die sleutels wegbêre sodat niemand dit ooit weer kry nie. Die seerste is as hy ons nie meer kan ken nie, as hy vergeet hy het vier seuns, hulle name hom een vir een ontgaan. Todat Ma my aan hom moet voorste. ''Dis Hans, jou seun.'' En die askieslaggie waaraan ek hom nog kan herken: ''Nee, jong, ek ken so baie Hanse, hoe sal ek nou weet wie die een is?'' Net om na 'n rukkie weer te vra: Nou waar kom jy vandaan? ''Potchefstroom pa" ''O, nou ken jy dan nie vir Hans nie.?'' Ek draai weg en ek weet: dit kan nou nie meer anders nie, hy sal op 'n ander plek beter opgepas kan word. Hy sal in die Hemel weer onthou. Ons begrawe hom sonder dat hy weg is; ons groet hom, maar hy groet nie terug nie.

En ek wou nog sê, ek is lief vir Pa, maar toe dit saak gemaak het, het ek vergeet.

En ek was nie eers siek nie...


BACK TO TOP




Signing of the Recognition Agreement between Ongopolo and the Mineworkers Union of Namibia. Peter Naholo, the General Secretary of MUN sandwiched by Andre Neethling, MD of Ongopolo and Ben Mouton, Financial Director of Ongopolo.





Standing (left - right): Colin de Wee, Abraham Kuvare, Gabriel Kayandu, Imanuel Kahenge Sitting (left - right): Ebenhardt Katjina, Hofni Ipinge, Willem van Wyk, Ms Abrahams (Labour Inspector), Timoteus Kanguvi



New Appointment: Tshatiwa M. Elago (Projects Engineer)

BACK TO TOP


Seisoen van Verlies
- deur Welly du Toit

Ons het almal in die lewe tye van verlies. Niks is permanent nie. Die lewe behandel ons almal soms onregverdig. Ons beleef almal tye van verlies, miskien is dit verlies van werk of inkomste, gesondheid, 'n lewensmaat, ja selfs die gevoel van verlies omdat ons rugbyspan of sokkerspan vanjaar net nie kon wen nie. Jy is sommer kwaad. Jy is nie lus om hulle volgende wedstryd te kyk nie. Jy ervaar verlies!

Daar is twee waarhede waaraan jy moet vashou:

1. Ons kry nie altyd wat ons verdien nie. 2. Nie alles wat met jou gebeur is God se wil vir ons nie.

Ons redeneer: Goeie dinge gebeur met my omdat ek goed gedoen het en slegte dinge gebeur met my wanneer ek verkeerd of sleg gedoen het. NEE! Duisend maal NEE! Dit is nie waar nie. Wat dan van Job? Wat van Jesus? Wat van Johannes die doper? Wat van Paulus? GOEIE DINGE GEBEUR MET MY OMDAT GOD MY GENADIG IS. Gaan lees wat Jesus vertel in Lukas 13:1-5. Jy gaan soms 'n slagoffer wees van gebeure, en jy gaan voel dat jy dit nie verdien nie. Eending om te onthou: Jy is altyd in beheer van jou reaksie op jou omstandighede. Jy kies nie altyd jou omstandighede nie, jy kan altyd kies hoe om daarop te reageer. 'n Pastoor het my eenkeer vertel hoe hy op huisbesoek aan 'n deur geklop het en toe die vrou die deur oopmaak, toe spuug sy hom voor die bors. Ek het gereageer: sy het jou seker woedend gemaak? Hy het my geantwoord: ''Nee, sy het my gespuug".

Hoe hanteer ek verlies:

1. Raak ontslae van jou emosies Woede, pyn, bekommernis, haat, seer, skuldgevoel, wrokkigheid, angs. Deel daarmee, huil. skreeu dit uit tot God Roep so hard as jy kan, huil so hard as wat jy wil. Geseend is die wat treur want hulle sal vertroos word. Matt. 5:4

2. Laat ander jou help om die las te dra: Dra mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus. Gal.6:2 Laat mense toe om jou te ondersteun en perspektief te gee wanneer jy nie nugter kan dink nie.

3. Moenie verbittering vertroetel nie. Job 21:25 en Heb.12:15 Bitterheid verander niks, dit maak net jouself onaangenaam! Weet dit jy gaan seerkry in die lewe. Soms regverdiglik en soms onregverdiglik.

Hoe hanteer ek bitterheid: 1. Aanvaar dinge wat nie verander kan word nie.
2. Kyk na wat oor is, nie na wat verloor is nie.
3. Leer uit die seisoen van verlies!
Luk.12:15 en 1Tim6:7 Vat 'n lewensles met jou saam op jou lewenspad, uit elke verlies wat jy in die lewe mag ly.
4. Vertrou op Christus Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Fil.4:13

Mense wat alles verloor, hetsy deur 'n brand of vloed of enige omstandighede, reageer op een van twee maniere:
1. Ons gaan opstaan, ons lewe nog, ons het nog mekaar. Die lewe gaan voort ten spyte van wat op ons lewenspad verloor het. Ons sal dit maak. Ons sal oorleef. Dit kon erger gewees het.
2. Dis klaar met ons. Ons sal dit nie maak nie. Dis alles verby. Ons sal nooit weer gelukkig kan wees nie. Dis die einde!
In een van hierdie twee reaksies lê die antwoord of
jy die lewe gaan geniet of nie gaan geniet nie, ten
spyte van wat jy verloor het op die lewenspad.

Saam met Jesus kan jy dit maak. Die mens kan nie volledig menswees sonder sy medemens nie!

BACK TO TOP




The cross and Redemption

Titus: 1v2. and Genesis 1v26, In hope of Eternal Life, which God that cannot lie, promised before the world began: And God said, let us make man in our image, after our likeness: and let them have dominion over the fish of the sea, and over the fowl of the air, and over the cattle, and over all the earth, and over every creeping thing that creepeth upon earth. v27. So God created man in his own image, in the image of God created he him; male and female created he them: (God is Spirit)

The trinity God- head never sease to work on men, after the '' Adamic sin." St John1:1,2,14 In the beginning was the word, and the word was with God, and the word was God. v2 The same was in the beginning with God. v14 And the word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory the glory as of the only begotten of the father) full of grace and thruth.

At. Matthew 1:20. But while he (joseph) thought on these things, behold, the andel of the Lord appeared unto him in a dream, saying, Joseph, thou son of Dawid, fear not to take unto thee Mary thy wife: for that which is conceived in her is of the Holy Ghost. Holy Spirit) v21 And she shall bring forth a son, and thou shalt call his name Jesus (Joshua for he shall save his people from their sins.

1 Corinthians 5v7. (Purge out therefore the old leaven, that ye may be a new lump, as ye are unleavened.) For even Christ our passover is sacrificed for us. Ephesians 5v2. And walk in love, as Christ also hath loved us, and hath given himself for us...an offering and a sacrifice. To God for a sweet smelling savour. Hosea 13v14. I will ransom them from the power of the grave; I will redeem them from death: O death, I will be thy plagues; O grave, I will be thy distruction: repentance shall be hid from my eyes. Thitus 2v13: Looking for that blessed hope, and the glorious appearing of the great God and our Saviour Jesus Christ.

God made man a TrichoTomy: - spirit, soul and body. God is a Triune Being the Tabernacle was composed of the most Holy Place, the Holy place and outer court. Man is spirit, the innermost man; soul, the innerman; and body, the ''outermost'' man. God addresses Himself to this TrichoTomy and thee - in - one. 1 Thess.5v23 "And the very God of peace sanctify you wholly; and pray God, your whole spirit and soul, and body be preserved blameless unto the coming of our Lord Jesus Christ.

Nic - ö-dë-mus Unrenerated man (Not born again Ta the Time) Jesus said to Nic-ö-dë-mus, a ruler of th Jews... St. John 3v3 Jesus answered and said unto him, verily, verily, I say unto thee except a man be born again, he cannot see the kingdom of God. When a person in honest, call on the Lord Jesus in prayer and surrender himself to the Lord. Repent of his sins. God is faithful. In Jesus Name. The Holy spirit conceive your spirit and the seed - Jesus Life in your spirit: New creature: 11Cor. 5v17, Isaiah 53v10b ''When thou shalt make his soul an offering for sin, he shall see his seed, he shall proling his days, and the pleasure of the Lord shall prosper in his hand. Luke 8v11b The seed is the Work of God. Ephesians 5 v26. That he might sanctify and cleanse it with the washing of water by the word. V27 That he might present in to himself a glorious church, not having spot or wrinkle, or any such thing; but that it should be holy and without blemish:

Please pray with me out Loud right now and let God do a great work in your spirit, your heart and life. Not by might, Father, not by power, but by your Spirit. Dear God I come to you now, with all my heavy load, Dear God, Take away my heavy load heal my soul. Put your sees, your life in my spirit. Set me free from the bondage of sin. Forgive my sins. I repent of my sins. I am sorry for my sins. Dear God, heal my sins. Right now I receive Jesus not only as my Savior, but as my Lord. From this dat foward I will live for Him all the days of my life. Dear God. I thank you for the miracle of salvation, for the healing of my soul. My soul is healed now. My sins are forgiven now. I know beyond a shadow of a doubt that I am God's. I belong to you

Right now! Thank God for the miracle of the new Birth in your life. Praise Him in your own words right out Loud.

Thank God for His amazing grace. Amen

BACK TO TOP


My liewe medegelowiges,

dit moet 'n mens onthou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou te praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat God wil hê nie dat hy moet doen nie. Daarom moet ons ontslae raak van al die slegte gewoontes en verkeerde ding. Wees gehoorsaam aan God en ontvang die boodskap wat Hy in julle geplant het, want die woord kan julle red. Julle moet nie net sy woord aanhoor nie, maar doen wat die woord sê, anders bedrieg julle julself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vry maak, en daaraan gehoorsaam is en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen hy sal gelukkig wees in wat hy doen. As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong en gedagtes in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens beteken niks. Voor God die Vader beteken egte en suiwer godsdiens om weeskinders en weduwees wat swaarkry by te staan, en om jou skoon te hou van die slegte dinge van die wêreld. Julle wat glo in ons wonderlike Here Jesus Christus, moet mense nie behandel volgens wat hulle aantrek nie. God het juis die uitgekies wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof.(Jakobus)

BACK TO TOP


'n Goeie naam is meer werd as
groot rykdom ... (Spr.22:1)

- deur Ds. Solly Ozrovech

Tensy jy 'n kluisenaar is, leef jy gedurig onder die kritiese oë van baie mense. Jy is deel van 'n familiekring of van 'n sakewêreld waarin jy onderhandel met verskillende tipes mense. Jy leef as deel van 'n gemeenskap en waarskylik is jy deel van 'n sportgroep. Waar jy ook al is en wat jy ookal doen, daar is altyd mense wat besig is om 'n opini oor jou te vorm en is jy besig om 'n karakter op te bou. Daar is mense wat sê dat hulle geen duit omgee oor wat mense van hulle sê nie, maar dit is dikwels net 'n skans om agter te skuil om 'n gekneuse gees en 'n minderwaardigheids gevoel te verberg. Ernstige mense is egetr diep bewus daarvan dat hulle reputasie 'n kosbare bate is en werk hard daaraan om hulle naam sinoniem te maak met die waarheid, eerbaarheid en integriteit. Die skepping en ontwikkeling van 'n eerbare naam lyk vir sommige mense na 'n tydrowende en vermoeiende taak. Die waardes van die samelewing laat dit lyk of dit 'n onbereikbare ideaal is, maar in der waarheid is dit die lonendste taak wat 'n mens kan aanpak. Dit bring vir jou vrede mee en skep 'n gevoel van welwese en gemoedsrus, want so 'n lewe is vir God welbehaaglik. Maak eer belangriker as wins, eerlikheid edeler as goedkoop popûlariteit. Onthou dat 'n goeie naam meer werd is as groot rykdom. Dan maak jy die opwindende ontdekking dat 'n eerbare lewe die lonendste lewe is wat moontlik is om te leef en dat dit tot eer van God is.

Karakter is dit wat jy in die donker is.

BACK TO TOP


Troos is twyfel
- deur Elsje Buchner

Om in die twyfelwoestyn rond te dwaal, is 'n harde pad. Maar hoe reageer die gelowige wat rustig by die oase sit? Die woestynwandelaar ervaar verdoemenis asof jy nog nooit die lig gesien het nie.

Maar...
Het jy geweet daar is dou in die woestyn? Daar rus 'n verantwoordelikheid op jou wat nie 'n Thomasfase beleef nie. Moenie veroordelend wees nie, Leef juis Jesus se liefde uit. Wees engelmense wat sy lig, sy> liefde en sy Woord uitleef in eenvoud en opregtheid. Die stukkende wêreld soek nie vir Jesus in liggies, beeldjies en prentjies nie. Mense soek egtheid, 'n Lewende Here wat verstaan as jy val, Die ware Lig wat die regte pad aandui.

BACK TO TOP



Eer word nie gewen nie, jy kan dit net verloor
- deur Terblanche Jordaan

Wanneer laas het jy die woordjie 'eer' gehoor? Ons sou eer kon vertaal met woorde soos erkenning, reputasie en respek. 'n Honderd jaar gelede het mense maklik gesterf ter wille van hulle eer, hulle het ook nie nodig gehad om kontrakte op te stel nie want jou eer was goed genoeg. Tereg sou jy kon sê dat 'n mens nie oor jou eer behoort te praat nie want dis iets wat van jou karakter weerkaats soos die reuk van brood uit 'n oond. Hoe meer 'n mens oor jou eer wil praat hoe meer gaan jy maak dat mense om jou die knope aan jou baadjie tel. As Norman Mailer dan skryf in sy boek Cannibals and Christians "Because there is very little honor left, there is a certain built-in tendency to destroy masculinity in men" dan wonder ek of hy nie al in 1923 iets bespeur het wat vandag byna epidemies is nie, naamlik mense vir wie eer nie meer belangrik is nie. Manlikheid word tog nie vir jou gegee nie, dis iets wat jy verdien deur die klein battles met eer te wen.

Daar sal natuurlik geredeneer kan word dat eer te doen het met die ego, want was dit nie die Franse filosoof Alexis de Tocqueville wat gesê het dat eer net gebore word vanuit ongelykheid en verskille nie? Ek weet nie, dit lyk net vir my asof ons nie meer ons eer op die spel sal plaas vir iets nie want ons is tog só sensitief dat ons nie op tone wil trap nie, nie wil aanstoot gee nie en so word ons slap boude om enige standpunt in te neem, vir enige iets te staan (en te val). Op die oomblik lees ek 'n briljante biografie oor Che Guevara se lewe en alhoewel daar baie gesê kan word oor die manier waarop hy dinge gedoen het, is een ding verseker, hy was bereid om te sterf vir dit waarin hy glo en hy het ook! Geen wonder dat die SS se wagwoord tydens Nazi Duitsland was dan ook gewees: My eer is my lojaliteit! (Wat ook alternatiewelik vertaal kan word met 'my eer wys my geloof')

Ernest Hemingway skryf in 'Death in the Afternoon' dat eer is vir die Spanjaard alles, maak nie saak hoe oneerlik hy of sy ook al mag wees nie. Daar is eer onder die sakkerollers en hoere, dis bloot die standaard wat verskil. Daarom beskryf hy 'n bulgeveg as die enigste kunsvorm waar die kunstenaar in die skaduwee van die dood kom want met briljante berekendheid doen hy alles ter wille van sy eer! Hierdie 'oneerlike' spel sypel oral in ons sien dit in die politiek, ons opvoeding, ons sport en helaas ook in ons kerke. James Cooper het al 180 jaar gelede geskryf dat ons veel eerder sektaries genoem moet word as Christene want ons 'eer' maak dat ons net nog kleiner groepies word en almal dink hulle is reg en het die reg om ander dan te oordeel. Geen respek, min reputasie en weinig eer te sprake. Daarom het ons al so oor begrippe soos etiek en moraliteit geskryf want hierdie aspekte word geleer waar iemand sy of haar eer op die spel geplaas het. Moraliteit is tog nie net 'n ideaal wat 'n mens met romantiese idees najaag nie, dis tog ook 'n gevolg van iemand vir wie eer belangriker as die ego is? Maar ons vervolgingswaansin dryf ons in groepe (hoe klein ook al) om daar onsself te verlustig en te vergryp aan die idee van vergelding en afrekening in plaas daarvan dat ons opstaan vir ons eer. Sal ons die bul van die waarheid met 'n rooi doek tart om te sien of ons nog teen sononder staan, of sal ons op die paviljoen sit en gil en skree wat die matador behoort te doen? Erger nog nie eers die moeite doen om stadion toe te gaan nie, ons kyk dit sommer op die TV.

Wat moet jy doen om jou eer te verloor? Niks. Jy moet net mooi niks doen nie. Sit agteroor, praat saam, maak geen foute, hê geen teleurstellings en wees in alles 'n oulike hoofseun. Wat moet jy doen om jou eer te skaaf en te verbeter? Kry soms seer, vorm jou eie opinie oor dinge, erken jou foute, wees bereid om dit te waag om soms te spring net om te sien of jy kan vlieg, wees bereid om te sê ek is jammer. Vir die meeste van ons is dit iets wat gewoonlik die maklikste kom as jy die dag dood is. Dan bring almal hulde en eer (vir iemand wat dan nie meer daar is nie) want ons ydelheid wil tog so graag eer bring aan iemand wat dit nie kan beantwoord met 'n daad of woord van groter belang nie.

Om te weet waar jou eer lê, beteken om bevry te wees van die geweld van geld, mag, erkenning, admirasie en die kniebuig voor jou selfsugtige eer. Nee, nee, nee die eer is onderdanig aan die siel soos die siel onderdanig is aan die Eer van God en wie bring eer aan God op 'n beter manier as Sy Seun en Sy Heilige Asem. Ons het beide as voorbeeld van 'n lewe waarin ons eer die ruggraat is van ons geloof, hoop en liefde.

GEDAGTE VIR DIE WEEK
One who has not only the four S's, which are required in every good lover, but even the whole alphabet; as for example . . . Agreeable, Bountiful, Constant, Dutiful, Easy, Faithful, Gallant, Honorable, Ingenious, Kind, Loyal, Mild, Noble, Officious, Prudent, Quiet, Rich, Secret, True, Valiant, Wise; the X indeed, is too harsh a letter to agree with him, but he is Young and Zealous. Miguel de Cervantes (en die vier esse is "sightly, sprightly, sincere and secret.")

BACK TO TOP



2 Kor 10 : 3, 4 "Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie; maar kragtig deur God om vestings neer te werp' God het ons nie as wese agtergelaat om maar net te oorleef van een halike situasie tot die volgende nie. As ons die woord bestudeer : sien ons Hy gee vir ons kragtige wapens om satan te oorwin en om as oor winnaars te leef. Wat is hierdie wapens?

1. liefde: waar liefde is, is God teenwoordig want Hy is liefde . hoe meer liefde jy het, hoe meer krag het jy. Die krag van liefde laat duiwels sidder gebruik liefde as n positiewe wapen teen satan om argumente en gemene dade te ontlont.

2 blydskap ; Nehemia 9: 11 se blydskap is ons beskutting in die here.blydskap is ook n wapen teen die vyand van moedeloosheid, hartseer en moeilike omstandighede. As ons blydskap kan he tenspyte van moeilike tye, kan satan ons nie verder aftrek nie, ons styg bo dit uit.

3 Gebed: In Jak 5: 16 Sê die Here vir ons gebed verander satan. Gebed is dus n kragtige wapen an satan se werke .Skadeloos te stel. Die Here gee ons outoriteit om satan se werke te kan afbreek en bind, deur gebed. Hoe meer ons bid / hoe minder kan satan ons aanval met bekommernisse.

4 Lofprysing; 2 Kronieke 20 veral vers 21/22 Hier sien ons dat oorloe gewen word deur lofprysing. Al lyk die anstardig hede hoe swart, begin die hoe te loof ente prys en die lig sal kom en die duisternis verdryf. 5 DieWoord; Deur die woord te spreek, breek ons satan se vestings af spreek woorde van lewe oor mense, Dorpe en lande. Die woord is ons swaard sê EF6; 17 Die woord is die waarheid en die waarheid maak ons ons vry van die vyand se leuens .

6 Gehoorsaamheid ; Sam 15;22;23 Deur ons gehoorsaaheid aan God, bly ons in sy beskerming en kan hy sy seen oor vloedig oor ons uitstort. As ons gehoorsaam bly aan God se woord het die satan geen vatkans aan ons nie Jak 4;7.
As ons nie hierdie wapens van God teen satan gaan gebruik nie; gaan hy die teenoorgestelde as wapens teen ons gebruik, bv haat, negatiwiteit, biddeloosheid, sonder die woord en ongehoorsaamheid. Onthou ons is deel van die Koninkryk van die lig, ons kan die duisternis om ons verdryf in Jesus se naam.

BACK TO TOP


'n Gebed vir jou....

- deur Maretha Maartens

'n Passie vir siele, Here? En gestel die mens in wie die siel is verkul my, verneder my, haat my...sal daar genoeg agapè-liefde in my wees om hom steeds lief te hê en onvermoeid, selfloos te bearbei? 'n Passie vir siele Here?

U ken my bedrieglike hart. Gestel daar is tog in hierdie passie 'n skaduwee van die eie-ek, 'n klein smagting na resultate tog bietjie werksbevrediging kan smaak? 'n Passie vir Siele, Here? U weet: dit is 'n gevaarlike en bedenklike aanspraak. Nee, Here, ek sal 'n passie vir U hê, want u is volmaak; U is my beweegrede; in u diens wil ek staan. Daarom, Here sal ek gereeld na U toe terugkom en by U rapporteer:'Mense se reaksie maak my moedeloos, maar my passie vir U, my Saligmaker word telkens weer deur u Heilige Gees aan die brand gesteek en lewe ewig voort.

Amen

BACK TO TOP


[ clownPRODUCTION ]

6 Mei
Ursela Simon
Baie geluk met
jou verjaarsdag
ons het jou baie
lief en dankie
vir alles wat jy
vir ons doen
- van jou man
en kinders

7 Mei
Mariese Möller
Ek het jou baie
lief en ek hoop
jy gaan 'n
wonderlike dag
- van Henkie

8 Mei
Hester du Toit
baie lief vir jou
- van Hennie en
al ma se kinders
en kleinkinders


8 Mei
Koos Lappies
lekker verjaar
- van Danie
& Hester Ellis


29 Mei
Henkie Ellis
Baie geluk hoop
jy het 'n lekker
dag - van jou
hele familie


30 Mei
Deon Ellis geniet
jou dag
- van jou familie


















- MAY 2001 / VOLUME 5 -