Welcome to the Coinquay web presence -- / -- Welkom by die Coinquay webpraesens
This site is mainly in Afrikaans, but keep looking, you may well find some English bits. Hierdie werf vervang al my vorige persoonlike werwe. Lewer gerus kommentaar, of vra gerus 'n vraag -- e-pos dit aan leuce@oocities.com.

translation and proofreading Tans spesialiseer ek in vertaling en proefleeswerk... maar kliek gerus vir verdere inligting.

Basies is hierdie 'n skakellys na allerlei interessante dinge oor my en van my. Ek hoop jy besoek die werf weer en weer en beloer al die verskillende afdelings -- dis werklik die moeite werd, dink ek. Goedgaan en lekker kyk!

Teken gerus my gasteboek. Hey! Teken die blerrie ding! Seblief? En gaan loer dan wat ander geskryf het.

Ek wou nog 'n kaalfotoseksie opsit. Enige iemand met 'n digital cam en 'n skeut discretion? Geen kansvatters nie, seblief. Heksie? Dan maak ons dit 'n date.

... My ander werwe...

Al my ander werwe is nog op die Internet beskikbaar. Gebruik gerus hierdie bladsy as 'n springpunt na al my ander werwe.

Samuel Murray, vertaler en proefleser
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
My advertensiewerf, met inligting oor my vertaalberoep.

Die Afrikaanse Kraaines
http://www.oocities.org/Paris/2920/, of
http://come.to/afrikaans/
Die grootste Engelstalige skakellys van Afrikaanse skakels. Ek's seker net Die Knoop is groter as hierdie ene. Ek het aanvanklik daarmee begint as 'n proeflopie, maar was aangenaam verras met die vinnige populariteit van die werf.

Blerts van die Baaierd
http://www.oocities.org/Wellesley/5897/
My vorige hoof- persoonlike werf, wat ek vinnig aan mekaar geslaan het toe ek op 'n stadium skielik my internettoegang verloor het. Dis 'n bondige grafwerf van my vorige persoonlike werf, Leuce se Werf, wat by voltooiing 85 skakels na interessante artikels sou hê. Die webpraesens vervang basies hierdie ou werf.

Termswerf
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/
Die Termswerf het basies dieselfde funksie gehad as die Blerts van die Baaierd. Dis basies 'n grafwerf of opsomming van al my pogings om 'n taalpraktykwerf op die been te bring. Een van hulle, Talanimi, is nog lewendig op die Net beskikbaar.

Bill Clinton Monica Lewinsky
http://www.oocities.org/Eureka/Office/7553/
Hierdie werf is baie snaaks... maar net as 'n mens nie 'n Internetnuweling is nie. Dit was oorspronklik 'n eksperiment in snuffelenjin posisionering (kyk na die bronkode).

Miscellaneous werwe en bladsye...
(wat sommige van later boink toe sal skuif)
Talanimi, 'n gestorwe taalpraktykjoernaal (derde taalpraktykwerf).
Leuce se werf (index2.html), my ambisieusste persoonlike werf.
Kewlwerf (zip-formaat), my heel eerste poging tot webwerf (FrontPage97).
Simpelwerf (zip-formaat), my tweede poging tot webwerf (Publisher97).
Leucsite (zip-formaat), my derde poging tot webwerf, al baie beter (Notepad).
Termwerf1 (zip-formaat), my eerste poging tot taalpraktykwerf (Publisher97).
Termwerf2 (zip-formaat), my tweede poging tot taalpraktykwerf, baie beter (Notepad).
Old Leucetti (zip-formaat), my vorige vertaal- advertensiewerf.
Carlitan's Bits, ongelukkig my poging tot pornografiewerf (grrr).
Jasper.zip (zip-formaat), 'n aanhangerwerf van 'n Internetgeselser op #Havnor.
Mouseover1, my eerste mouseover eksperiment (met pic van die uwe).
Mouseover2, my tweede mouseover eksperiment (met pic van my sus).
Concept, my voorstel vir die organisasie binne 'n #afrikaans webwerf.
Internetterme, tweede langste lys Afrikaanse Internetterme.
Troiii se werf, my broer se werf, met my html wat hy verkrag het *efg*.
Hey Afrikaans, the beginnings of my own #afrikaans channel website.
Netvriende, my gesels- toetskanaal op irc.zanet.net se amptelike bladsy.
Matie GD, 'n onvoltooide frames werf (vir my ma se werk)
IRC newbies', our warning to wouldbe chatters not to bother.
ijlant version 1, my eerste (disasterous) poging op FrontPage 2.0.
ijlant version 2, my tweede poging op Aracnophilia (Arach Rulz!), van my girlfriend.
Term Temp, die site wat ek vir ons rekenaargespreksgroep ontwerp het. Hy's nou elders.
Secret Mensa, tevergeefs probeer ek mense oortuig dat JavaScript superior is oor SSL.
dagbroek, my online dagboek van johannesburg en die res.
Die Afrikaanse Knoopsgat, 'n vinnig ontwerpte antwoord op Die Knoop.
Knoopspinnekop werftoekenning, 'n skakellys van literêre bladsye
AD&D Dangers, my webring-poginkie.

Oorsig en screenshots van sommige werwe
Ek besef terdee dat weinig mense sommer al hierdie bladsye sal besoek nie. Daar is 'n aparte bladsy wat sommige van bogenoemde en ondergenoemde bladsye in meer detail bespreek. Ek het ook screenshots geneem van die werwe sodat jy maklik kan sien of jy belangstel al dan nie. Die bladsy se naam is webview.html (350 kb, a.g.v. die grafika), en ek moedig jou aan om daar te gaan loer.

... 'n Kort whoami...

In die Internetgeselskanale stel ek myself gewoonlik voor as "./me is 26, irc-f, irl-m, affiekaap" "./me is 27, man, jansberg", maar vir Internetnuwelinge stel ek myself met graagte meer normaal voor. Ek is Samuel Murray-Smit.

Ek's 26 27 jaar oud (b.1973), is manlik, is ongetroud gekys verloof getroud, is Afrikaanssprekend, en is van die Kaap Jansberg af. Ek is 1,8 m lank, het bruin hare in 'n bokstertjie kort geknip, het bruin oë, dra 'n bril (effe bysiende), is skraal, en het soms 'n bokbaard en soms 'n ylbaard.

Oor die algemeen is ek 'n introvert, maar ek is nietemin baie sociable en geniet dit om te kuier. Ek het soms depressie (en manie, maar minder), en is deurgaans bra sinies en krities. Persoonlike norme en waardes is vir my belangrik, veral eerlikheid en goedhartigheid. Ek is 'n gelowige, en aanbid tans in die NG Kerk. Ek het nog nooit drugs gebruik nie, nog nooit seks gehad nie , en nog nooit 'n spoedkaartjie gekry nie.

Ek stel belang in taalstudies (veral semantiek), rekenaarsekuriteit, die Internet, teologiese sake (veral ook okkultiese studies), Keltiese mitologie, fotografie, science fiction, en elke nou en dan 'n ander onderwerp. My musieksmaak is middle-of-the-road en eighties -- ek luister Kfm en 5fm. Hoewel ek nie omgee vir clubbing nie is ek eerder 'n coffeshop of pub tipe mens. Ek is baie intelligent, en musikaal (eerstebas).

Ek het vroeër baie gesels op die Internet se geselskanale, veral irc.zanet.org.za in die kanale #camelot, #20something en #afrikaans, waar ek in al drie gevestigde ops-status gehad het (ongelukkig was ek onaktief toe PI 'n chanserv gekry het, en het dus nie gekwalifiseer nie). Ek gesels al sedert 1995 op die proto-zanet, maar elke nou en dan hou ek op en dan verval my kennaam se registrasie. My kenname (nicks) was doechild, minou, Jilll, Schmilll, Heute, littlejohn, leucette, leuce, blaar, debbie, en Clarah Hallstein (van nuut na oud). Tans is my kennaam weer leuce. Ek is beginselvas en eksentriek.

... my Poëme en verhaaltjies...

Elke persoonlike webwerf het 'n afdeling vir gedigte en prosa, en ek is ook nie links nie. Hierby aangeheg is 'n bladsy van sommige van my "beter" gedigte, en sommige stories wat ek geskryf het.

Daar is ongeveer 13 gedigte, en kan by gedigt.html gelees word. Die jongste gediggie is hierdie enetjie, geskryf n.a.v. 'n Internetgeselsie:

vir Yvette

dit geil en die golwende bruisende see
en weef en soos vingers al voelende voelende wee
die volmaan met kermende duistering mee
en fluister en frommel jou slentertree.

1999-07-17, Bellville

Ek't ook 'n seksstorie geskryf so'n paar jaar gelede. Dit kan by vryvrhl.html gelees word. Waarskuwing: ja, daar is 'n gevry in... so as jy 13 of 12 of 6 jaar oud is, erm.

... my Fotogallerye...

Ja, dis waar... sodra ek iemand kry met baie simpatie en 'n oulike digitale kamera (hoe lyk dit, Heksie?) sal ek dalkdalk begin aan 'n naakfoto-afdeling. Dit kan dalk wees dat ek so'n afdeling op 'n aparte bediener moet huisves (waarskynlik erosvillage.com, want hulle seksbaniere is klein en diskreet).
  • Leukfotos: 'n korte keur uit my beste en favourite fotos.
  • Leucecam: vir 'n rukkie had ek 'n webcam. Die camshots is almal png's, so as jy IE4.0a het of kleiner mag die grafika dalk-dalk nie vertoon nie. Die bladsy laai nogals lank -- hy pas nie eens op 'n stiffie nie (hy's 2,3 mb)! Die gifs kan individueel hier afgelaai word.
Sover het ek net die twee gallerytjies, maar ek hoop om gou verdere gallerytjies met vakansiefotos en dies meer hier te huisves.

... Interessante artikels...

My ambisieusste persoonlike webwerf, Leuce se Werf, sou verskeie afdelings bevat met allerlei artikels oor dinge wat my interesseer. Na ses maande is verskeie skakels voltooi, maar slegs drie hiervan kan as werklike artikels beskou word.

Die sewe gevare van Advanced Dungeons & Dragons
http//www.oocities.org/Wellesley/5897/le08.html
'n Bondige maar volledige beskrywing van wat die spel Advanced Dungeons & Dragons behels. Ek kyk ook na die algemeenste besware wat oor die spel geopper word, en lewer my two cents. Ek kan die artikel aanbeveel vir enige ouer wat wonder asook vir enige tiener wat sy/haar ouer wil paai.

Hacking en Cracking (contains English)
http//www.oocities.org/Wellesley/5897/le09.html
'n Pseudo-akademiese kyk na die veld van rekenaarkappery, en kappery oor die algemeen. Ek beskou en poog om te klassifiseer die veld van kappery, en skryf ook een en andere oor populêre hacking.

Pornografie op die Net
http//www.oocities.org/Wellesley/5897/le10.html
Op 'n stadium was ek baie bekend met die pornografiebedryf op die Internet. Hierdie artikel is bloot 'n beskrywing van die algemeenste fenomene wat in die pornografiegenre op die Internet voorkom. Dit mag dalk effens outdated wees.

Woordelyste
Ek het drie woordelyste met vertalings van Engels na Afrikaans. Daar is 'n wynwoordelys, 'n motorwoordelys, en 'n Internetwoordelys. In (stadige) wording is ook 'n algemene rekenaartermlys, 'n rekenaarnetwerktermlys en 'n javatermlys. Ek neem ook aktief deel aan rekenaarterme@egroups.com.

Slenggebruikopname
slenglys.html
Toe ek nog op college was moes ek 'n terminologielys opstel. Die vakrigting wat ek gekies het was Bellvillese hoërskoolsleng. Ek wou nog die projek laat publiseer in 'n akademiese joernaal, maar ek't nooit daarby uitgekom nie. Bona fide navorsers kan ook toegang kry tot die volle slengwoordelys.
Die slengbladsye het op 'n manier verlore geraak... ek sal later hulle van voor af opstel en intrek van my ou WordPerfect 5.1 dokumente. Skryf maar as dit dringend is.

... Boink en cache...

Met apologie aan Heksie Gertenbach, hier is my boink en my cache. Met ander woorde, dis 'n hutspot van allerlei voltooide en onvoltooide dinge soos bladsye, artikels, rants, prentjies, foto's, en meer. Die boink sal later dalk as boink1.html gelees kan word en die cache as cache1.html.

Intussen, hier is solank 'n paar boinks:
(baie daarvan moet nog geproeflees word, oppas!)
Acolyte's view, 'n kort beginstukkie van 'n sci-fi fantasieverhaal.
Vaaxo, 'n kort beginstukkie van nog 'n sci-fi fantasieverhaal.
Aderfle, nog 'n seksstorie (nee ek spot sommer; lees gerus).
The Marijuana Trip, die titel is misleidend, hoor.
Aquaman!, 'n simpel skryfelinkie, 'n kort kortverhaaltjie.
MacBeth?, nog 'n baie simpel skryfelinkie.
The Sects of Satan, hoofstuk 1 van 'n onvoltooide storie (lees gerus).
Stroop van Sem en Gam, hoofstuk 1 en 2 van 'n ander onvoltooide storie.
Cin Sat Sect, waarskuwing ... 'n baie baie vervelige geloofsmanifes.

Ek het een of twee cache items, ondermeer:
(waarvan die meeste of tydelik is of privaterig)
Jilll en ijlant, 'n foto van my en my meisie se hande (met ons kysringe)
Die hoere, sommer 'n skryfstukkie van 'n ou dekskyf (dalk nie eie nie)
Lonely, 'n kort gediggie deur 'n vorige ou vriend
Somerkin, nog 'n kort gediggie, deur 'n onbekende persoon
Samuel2, with my short hair
Samuel3, also with my short hair, and mousecramp
Wallet1, apologie aan Heksie... myse wallet se binneste
Wallet2, ook nog maar myse wallet se innerse
How to... sucky, wat ek vertaal het, maar die oorsponklike skrywer is netdood
Jan InNews zip, 'n eksperiment om publikasies in PNG te stoor, ipv PDF

... my Fav links...

Dis bra moeilik om te sê watter werwe is my favourites. Daar is soveel verskillende kategorieë werwe. Ek het probeer om my te beperk tot minder as tien.

Die Knoop van Gerrie de Beer
http://www.dieknoop.co.za/
Die grootste versameling Afrikaanse skakels. Almal weet van Die Knoop. Hoewel die werf gedurende die loop van 1998 byna onhanteerbaar groot geword, bly dit nogtans 'n nuttige skakellys en springpunt. Werwe is volgens onderwerp ingedeel. Laas toe ek gekyk het was daar sowat 1100 werkende skakels (ook heelwat dooie skakels).

Eric Boutilier Brown se fotografie
http://www.ebb.ns.ca/
'n Baie mooi versorgde werf van naakfotografie en ander fotografie. Daar word gereeld nuwe werk bygevoeg. Daar is baie kwaliteit- naakfotografiewerwe op die Internet, maar as ek een moet uitlig sal dit hierdie ene wees.

Heksie Gertenbach se hoofwerf
http://www.oocities.org/SiliconValley/Horizon/8993/
http://www.oocities.org/webgirl7/ (nuwe url)
Van die eerste mooi Afrikaanse werwe wat ek teengekom het, was Heksie se werf. Haar approach tot die Net is kreatief, en as ek inspirasie soek of as ek my brein net 'n bietjie geskud wil hê, dan gaan loer ek daar. Heksie het verskeie ander werwe op die Internet ook.

Brunching Shuttlecocks
http://www.brunching.com/
Vir comments en criticism en sommer vir allerlei grappies en grapsels, is hierdie werf uitstekend. Elke nou en dan maak ek 'n draai daar. Kyk gerus na hulle "toys".

Yale Medical School se webontwerpgids
http://info.med.yale.edu/caim/manual/
Die beste webontwerpmanual wat ek nog teengekom het. Dit leer nie vir jou html nie, maar dit leer 'n mens alles en nog wat van goeie gesonde werfontwerp. Naas xoom.com se htmlkursus beveel ek hierdie aan as dié werfontwerpkursus om te loop.


Site Meter
free afrikaans hosting
1000 afrikaans links
waar is jy?
many afrikaans links
quite a few afrikaans links
the afrikaans crow's nest, 500 links
html writers' guild

(c) 1999-2001 Samuel Murray
leuce@oocities.com

http://www.oocities.org/EnchantedForest/Dell/6414/
http://www.oocities.org/lacialacia/ (new url)

Site created: 1999-08-16
Site revised: 1999-08-16
Site updated: 2001-02-16

Founts used: Maiandra, Papyrus, Arial, Helvetica, Tahoma. Graphics designed using: MS Paint w95 (drawing), MS Photo Editor 3.0 (to convert to gif and jpg), ACDSee 2.41 (viewing). File compression using: WinRAR 2.50. Html written using: Arachnophilia 3.9. Total time used: (not available yet).

Site layout optimised for printing. Best viewed with any 3rd generation browser at 480x640 resolution or higher. A zip-archive of this entire site (quite outdated) is available as eytoheyto1.zip (379 kb) and eytoheyto2.zip (427 kb).

Banner exchange:
ZA Banner Exchange