KITAAR MY KRUIS SLUIT OP 26 OKTOBER 2009
GeoCities het onlangs aangekondig dat hulle nie vanaf 26 Oktober 2009 enige webblaaie meer gaan stoor nie. Omdat Kitaar My Kruis al sedert 2003 slegs 'n gratis spasie beset, maak GeoCities ook nie daarvoor voorsiening dat ons na 'n ander soortgelyke webspasie skuif nie.

Ons het eenvoudig nie geld om aan Kitaar My Kruis te spandeer nie en  hoewel ons baie lief is vir die webblad en glo dat die beskikbaarstelling van Afrikaanse tabs belangrik is, het ons eenvoudig nie die geld om 'n professionele webblad te laat ontwerp nie en kan ons ook nie betaal vir webspasie nie.

Ons het in die verlede al van heelparty geesdriftige KMK-gebruikers gehoor dat hulle bereid sou wees om vir ons 'n webblad te bou en stoorspasie te verseker. Hierdie beloftes het elkeen deur die mat geval.

Indien daar iemand is wat 'n pad uitsien: dalk is jy 'n webbladontwerper, dalk 'n spasie-eienaar of iets van daardie aard, laat weet ons asseblief.

Ons e-posadres is kitaarmykruis@gmail.com of julle kan my skakel by 072 087 1010.

Groetnis,

Jasper
Hoofblad