Armoria
http://uk.oocities.com/binneskild

Temas – menslike en naas-menslike figure

Om meer oor die geïllustreerde wapens te leer, kliek op die beelde.

Mensefigure verskyn nie dikwels in heraldiese wapens nie, en wanneer hulle wel voorkom het hulle nie altyd natuurlike velkleur nie. Naas-menslike figure soos engele en meerminne kom ook in die heraldiek voor. Die mees atletiese figuur wat tans in Armoria voorkom is seker dié van ’n diskuswerper (in silwer) in die wapen van Alexander Road High School. Die helmteken van Rhodes University is ’n standbeeld van ’n perd en ruiter – die standbeeld, met die titel Fisieke Energie, was ’n gunsteling van die universiteit se weldoener, Cecil John Rhodes. Ook op ’n perd se rug is die figuur van Wolraad Woltemade, wat in die wapen van die dorp Woodstock voorkom. Vonk is die perd se naam.

diskuswerper in die wapen van Alexander Road High Schoolstandbeeld Fisieke Energie in die helmteken van Rhodes UniversityWolraad Woltemade en sy perd, Vonk, in die wapen van Woodstock

Toe Suid-Afrika in 2000 ’n nuwe wapen in gebruik geneem het, het die skild twee mensefigure getoon, mans van die oervolk van Suider-Afrika, die Boesmans.

Boesmans in die wapen van Suid-Afrika (2000)

Die emblematiese figuur van Hoop kom keer op keer in die Kaapse heraldiek na vore, en word in meer diepte in hierdie artikel gedek. Die bekendste voorstellings van haar is in die helmteken van die Kaapkolonie en Kaapprovinsie, en die regter-skildhouer van die wapen van Kaapstad.

die dame Hoop in die helmteken van die Kaapprovinsiedie dame Hoop as regter-skildhouer in die wapen van Kaapstad

Heiliges (met stralekranse) kom dikwels in die kerklike heraldiek voor. Port Elizabeth se Katedraal van die Heilige Maagd Maria toon Maria met die Christuskind (ook met ’n stralekrans), St Michael’s Church in Observatory die aartsengel Michiel het, met sy lans in die draak se bek, en die Bisdom Mthatha toon Sint Johannes die Evangelis.

die Maagd Maria in die wapen van Port Elizabeth se Anglikaanse katedraaldie aartsengel Michiel in die wapen van St Michael’s Church, ObservatorySint Johannes die Evangelis in die wapen van die Bisdom Mthatha

Heidense gode kom nie algemeen in die Suid-Afrikaanse heraldiek voor nie, maar die Romeinse godin Minerva (beskermdame van die wysheid) het in die wapen van die Transvaal University College (op een van twee skilde) voorgekom, en is tans in die wapen van die Universiteit van Stellenbosch.

Minerva in die wapen van die Transvaal University CollegeMinerva in die wapen van die Universiteit van Stellenbosch

Alhoewel die Bybelse gerubiem (gerubs, soos dit in die Afrikaanse Bybelvertaling voorkom) ontsagwekkende hemelse wesens is, het hulle eerder bekend geraak as kinderlike figure met vlerke – engeltjies (of in Engels, cherubs). Warren Morris het een vir sy helmteken.

engeltjie-helmteken van Warren Morris

Mensefigure verskyn ook dikwels as skildhouers. Twee wat baie onkonvensioneel voorkom, omdat hulle sittend is en na buite kyk, is dié van Avicenna (Die Pers Abu ’Ali al-’usayn ibn ’Abd Allah ibn Sina) en Galenus (GalhnoV), wat die wapen van die Aptekersvereniging van SA steun.

AvicennaGalenus


Counter

Terug na bo

For English, click here


Terug na indeks van temas

Terug na Armoria-indeks


Opmerkings, navrae: Mike Oettle