Armoria
http://uk.oocities.com/binneskild

Temas – seelewe

Om meer te leer van die wapens wat geïllustreer word, kliek op die beelde.

Miskien is die algemeenste marine tema in Armoria dusver die mantelskulp. Die grootte en presiese voorkoms van die skulpe varieer, want daar is verskeie spesies van hierdie tipe, wat aan die familie Pectinidæ behoort. Gewoonlik word slegs een van sy skulpe op ’n skild getoon, maar dit is in werklikheid ’n tweeklep-skulpvis, en die skulpe kom in pare – ten minste in ’n lewende diertjie. Maar wanneer dit langs die strand gevind word, word daar gewoonlik maar ’n enkele aangetref.

Shell Oil

Die bekendste voorbeeld van ’n mantelskulp in die daaglikse lewe is miskien in die logo van die oliemaatskappy Shell – terloops, uit ’n heraldiese oogpunt is hierdie skulp onderstebo.

Dat die mantelskulp in die heraldiek voorkom is te danke aan die feit dat menige daarvan langs die strand gevind word op Compostela, in Galicia, in die noord-weste van Spanje. Sedert die vroeë Middeleeue is dit die doel van pelgrims wat na die pelgrimsoord van Sint Jakobus die Grote te Santiago de Compostela reis. Nadat hy of sy die reis voltooi het, sou ’n pelgrim dan so ’n skulp in sy kleding vaswerk, gewoonlik in die opgedraaide hoedrand. Vele sulke pelgrims het later hierdie skulpe tot sy heraldiese wapen toegevoeg. Die Graham-familie van Skotland is een wat die mantelskulp vertoon. En aangesien die wapen van kolonel John Graham van Fintry deur die stad Grahamstad oorgeneem is, word die Graham-skulpe ook in die stadswapen aangetref (in die weergawes van beide 1862 en 1912), asook in die wapens van Rhodes University, St Andrew’s College, Graeme College, Victoria Girls’ High School en die Hoërskool P J Olivier.

mantelskulpe in die wapen van kolonel John Graham van Fintrymantelskulpe in die oorspronklike (1862) wapen van Grahamstadmantelskulpe in die 1912-wapen van Grahamstadmantelskulpe in die wapen van Rhodes Universitymantelskulpe in die wapen van St Andrew’s Collegemantelskulpe in die wapen van Graeme Collegemantelskulpe in die wapenvan Victoria Girls’ High Schoolmantelskulpe in die binneskild vandie wapen van Hoërskool P J Olivier

Alhoewel dit miskien nie dadelik as seewese uitkenbaar is nie, is die rooi mantelskulp wat as kenteken gedra word op die skouer van die luiperd-skildhouer (aan die regterkant) in die wapen van Grahamstad. Dieselfde rooi mantelskulp verskyn op Grahamstad se linkerkantse skildhouer, ’n kameelperd, en op dieselfde luiperd wat as regterskildhouer dien in die wapen van die Afdelingsraad Albany.

scallop on the shoulder of the leopard supporter of the arms of Grahamstown

Sonder enige verbintenis met die Klan Graham is die mantelskulpe wat gevoer word indie wapen van Klan Pringle. Hier is die wapen van die uitgestorwe lyn van die klanhoofde van Pringle, en die uitkenbaar anderse wapen van Eric Pringle, een van drie wapenvoerende lede van die klan uit die Provinsie Oos-Kaap. ’n Derde onverwante groep word hier verteenwoordig in die wapens van Kingswood College en sy lank geslote susterskool, Wesleyan High School, wat mantelskulpe het wat geleen is uit die wapen van die Wesley-familie.

mantelskulpe in die wapen van die hoof van Klan Pringlemantelskulpe in die wapen van Eric Pringlemantelskulpe in die wapen van Kingswood Collegemantelskulpe in die wapen van Wesleyan High School

Iets heeltemal anders is die seeperd (genus Hippocampus). Een skool in Port Elizabeth het een in sy wapen.

seeperd in die wapen van die Laerskool Summerwood

Laastens is daar die dolfyn. Alhoewel die moderne wetenskap vasgestel het dat dit ’n soogdier is, en sommige wapens ook dit as sulks toon, het die geleerdes van die Middeleeue dit vir ’n vis ingesien, en daarom verskyn dit tradisioneel in die heraldiek as ’n blou of groen kreatuur met rooi vinne. Een weergawe van die wapen van Woodstock toon egter ’n natuurlike dolfyn. Toe ’n kerk in ’n buurt wat voorheen aan Woodstock behoort het, ’n wapen in gebruik geneem het, het dit eerder ’n tradisionele “vis-dolfyn” saam met die anker in sy wapen getoon.

dolfyn in die wapen van Moneypennydolfyn in die helmteken van Woodstockdolfyn in die wapen van St Michael’s Church, Observatory


Counter

Terug na bo

For Englsh, kliek hier


Terug na temas-indeks

Back to Armoria index


Comments, queries: Mike Oettle