Click hier vir ons nuwe webadres www.afrikaans-ortodoks.co.za







 

Die Ortodokse Bedehuis, "Betanië",

Keurkloof, Robertson

Die Heilige Outonome Ortodokse Kerk van Wes-Europa en die Amerikas

Die bedehuis en die kapel wat gewy is aan die Heilige Maria die Egiptenaar. Die priester se woonkwartiere is op die foto, regs.


In September 2003 is ons Gemeenskap amptelik deur Sy Saligheid, Metropoliet Evloghios, opgeneem as 'n gemeente van die die Heilige Ortodokse Outonome Kerk van Wes-Europa en die Amerikas, 'n Kerk gestig deur die Ware Christelike Ortodokse Kerk van Griekeland. 'n Volledige geskiedenis van ons Kerk verskyn elders op ons webblad . In hierdie stadium kan net genoem word dat ons Kerk haar oorsprong te danke het aan die Russies-Ortodokse Kerk in die Buiteland wat verantwoordelik was vir die wyding van ons oorspronklike biskoppe.

Ons Primaat

Sy Saligheid, Metropoliet Evloghios van Milaan en Aquileia

 


Kort na ons opname in die Kerk van Wes-Europa en die Amerikas, is ons geplaas onder die toesig van Sy Ekselensie, Biskop Kyrill, biskop van Montgomery, Illinois in die VSA. Ons hoop om Biskop Kyrill in die nie te verre toekoms nie by ons te verwelkom. Nader aan die tyd vir sy besoek sal ons verdere besonderhede op ons webblad plaas.

Biskop Kyrill, ons biskop

Nog baie jare!

 

Vr. Zacharias van Wyk is die eerste Afrikaanssprekende Ortodokse priester wat in Mei 2002 gewy is  met die taak om om te sien na die geestelike behoeftes van veral Afrikaanssprekende Ortodokse Christene. Vir meer as 10 jaar hou Vr Zacharias hom nou al besig met die vertaling van die Ortodokse liturgiese tekste en die toonsetting daarvan. Die viering van die Liturgie en ander liturgiese dienste vind op 'n gereelde grondslag plaas. Die algemene dienstye in ons pragtige kapel is soos volg:

Saterdae om 5nm: Groot Vespers

Sondae om 10vm: Die Goddelike Liturgie

Weeksdae: Vespers om 5:30

ALLE BELANGSTELLENDES IS BAIE WELKOM BY ALLE DIENSTE!

 

Vader Zacharias van Wyk voor die deur van die Bedehuis


Vader Zacharias, toe nog 'n Leser, saam met Sy Saligheid, Metropoliet Evloghios, kort na sy wyding as Leser in Milaan in 1997

___________________________________________________________________________________________________

 

 Die eiendom waarop ons retręthuis geleë is, is 'n kleinhoewe ongeveer drie kilometer buite die dorp Robertson en het 'n asemrowende uitsig op die Langeberge. Dit is die ideale uitspanplek vir siele wat smag na stilte en is tot die beskikking  van enigiemand wat eerlik en opreg soek na God. In die kapel, gewy aan die Heilige Maria, die Egiptenaar, (seker een van die merkwaardigste vroue in die Kerk se geskiedenis; wie se verhaal binnekort op ons webblad sal verskyn) kan mense in 'n Ortodokse atmosfeer mediteer en bid.

Die retręthuis is ook die basis vir 'n Ortodokse uitreiking na die gemeenskap van Robertson en omgewing. 

Hieronder volg 'n paar fotos van die omgewing van die retręthuis.

Sneeu op die Langeberge, soos gesien vanaf ons retręthuis, Betanië


 

Die koepel van die kapel, soos gesien van die agterkant van die kapel.

Uitsig vanaf die agterdeur van die Bedehuis

Onder by die dam.

Tussen die wingerde, foto geneem van die plaaspad af.


 


Fotos van die binnekant van die Kapel sal binnekort op hierdie blad verskyn!